DOP

4.82 (11)

DOP

4 performances between May 18, 2017 and May 21, 2017
Teater (Afrikaans & English)
Directed by Sylvaine Strike • Script by Retief Scholtz • starring: André Odendaal en Wilhelm van der Walt • produced by Kosie House of Theatre
80mins
download (3).jpeg download (7).jpeg download (8).jpeg download (10).jpeg download (11).jpeg

Scholtz se Dop is die verhaal van Frank Venter, die spreekwoordelike man op straat. Een van duisende daarbuite wat min mense ooit sal ken en wat nog minder sal onthou. Soos elke mens het Frank 'n storie, maar niemand luister na sy storie nie. Frank (André Odendaal) sit in 'n kroeg. Dis sy verjaardag. Buiten vir die kroegman, Tim (Wilhelm van der Walt), is Frank alleen in die kroeg, soos in sy lewe. Albei het iets van die ander een nodig: Frank 'n klankbord om sy bestaan te bevestig en Tim die regte woorde om sy hart uit te praat.

Twee vreemdelinge begin gesels oor die lewe, generasies, emigrasie, drome (onvervuldes sowel as nuwes), die kunsdiefstal van 1990, reënwoude, spyt en perdedrolle wat nie vye is nie. In wyn lê die waarheid … en soos die aand aanstap word maskers afgehaal, harte blootgelê, talente van vervloë dae opnuut ontdek en sinne al meer onsamehangend. In sinnelose kroegpraatjies en gesprekke sonder 'n punt is daar waarheid én emosie. Sonder pretensie of voorgee. 

Kosie Smit, vervaardiger van Kosie House of Theatre, was op soek na nuwe stemme in die teaterbedryf toe hy op Retief Scholtz se werk afgekom het. Scholtz het agt maande lank aan dié opdragwerk geskryf en geskaaf en nou het Dop sy première in die bekwame hande van regisseur Sylvaine Strike.

Die akteurs in dié stuk is André Odendaal en Wilhelm van der Walt. Odendaal is al meer as 30 jaar bekend as gerekende akteur en regisseur en die jonger Van der Walt is verlede jaar op Aardklop aangewys as die beste akteur vir sy spel in Son.Maam.Sterre.

Sylvaine Strike is benewens aktrise, soos onlangs saam met Atandwa Kani in die voortreflike Black and Blue, ook regisseur wat in 2006 aangewys is as Standard Bank se jong kunstenaar vir drama en toe met die Coupé vorendag gekom het. Vir haar regie van The Miser het sy in 2012 die Naledi-prys gekry as beste regisseur en die stuk is bekroon as die beste produksie.

Volgens Scholtz het hy die rol van Frank geskryf met Odendaal in gedagte.

Audience Responses

Both André and Wilhelm were of Hollywood calibre - the whole production was just of award winning standards!

Beanie • Attended May 20, 2017, 8 p.m.
5.0

This is theatre as it should be! (For me) The perfect show to watch to rekindle passion in theatre

Thandi • Attended May 18, 2017, 8 p.m.
5.0

Brilliant well done !!!

clive • Attended May 18, 2017, 8 p.m.
5.0

Finominaal. Baie dankie aan die skrywer wat so 'n egte Afrikaanse storie gedeel het en dankie aan die akteurs wat dit met soveel integriteit vertel. En dankie aan die "ingelsman" regisseur vir uitmuntende regie wat die stuk na ander hoogtes toe geneem het. Ek Sal dit hoogs aandbeveel. Ek't 'n nuwe liefde vir teater in my moedertaal